Arabiese syfers

Arabiese syfers
Die evolusie van Arabiese syfers tot die syfers wat ons vandag ken.

Arabiese syfers, streng gesproke Indo-Arabiese of Hindo-Arabiese syfers, is die syfers wat deesdae in die meeste kulture gebruik word om getalle aan te dui.[1] Dit bestaan uit tien tekens of simbole: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 en 0, of 'n kombinasie daarvan. Dit is 'n posisionele stelsel. Die waarde van 'n syfer hang nie net van die tekens wat gebruik word af nie, maar ook van die posisie daarvan in die getal. Hierdie simbole is om en by in die jaar 500 in Indië uitgevind, en in die 10de eeu deur die More aan Wes-Europa bekendgestel.[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Bulliet, Richard; Crossley, Pamela; Headrick,, Daniel; Hirsch, Steven; Johnson, Lyman (2010). The Earth and Its Peoples: A Global History, Volume 1. Cengage Learning. p. 192. ISBN 1-4390-8474-2. Indian mathematicians invented the concept of zero and developed the "Arabic" numerals and system of place-value notation used in most parts of the world today{{cite book}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search