Arcturus

Arcturus
Ligging van Arcturus (in rooi sirkel).
Ligging van Arcturus (in rooi sirkel).
Sterrebeeld Veewagter
Bayer-naam Alpha Boötis
Spektraaltipe K0 III[1]
Soort Rooireus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 14h 15m 39.7s[2]
Deklinasie +19° 10′ 56″[2]
Skynmagnitude (m) −0,05[3]
Absolute magnitude (M) −0,30±0,02[4]
B-V-kleurindeks  +1,23[3]
U-B-kleurindeks  +1,28[3]
Besonderhede
Massa (M) 1,08±0,06[5]
Radius (R) 25,4±0,2[5]
Ligsterkte (L) 170[6]
Ouderdom (jaar) 7,1+1,5−1,2 miljard[5]
Temperatuur (K) 4 286±30[5]
Rotasiespoed (km/s) 2,4±1,0[4]
Metaalinhoud [Fe/H] −0,52±0,04[5]
Ander name
Alramech, Abramech, α Boo, 16 Boötis BD+19° 2777, GJ 541, HD 124897, HIP 69673, HR 5340, SAO 100944, GCTP 3242.00, LHS 48, GCTP 3242.00
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Arcturus (ook Alpha Boötis of α Boo genoem), is die helderste ster in die sterrebeeld Veewagter (Boötes), die vierde helderste ster aan die naghemel en die helderste ster in die Noordelike Halfrond. Saam met Spica en Denebola (of Regulus, na gelang van die bron), maak Arcturus deel uit van die asterisme Lentedriehoek.

Arcturus is teen 36,7 ligjare van die Son af redelik naby. Dié rooireus van spektraaltipe K0 III is sowat 7,1 miljard jaar oud, het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Sy massa is 1,08 keer so groot soos die Son s’n, maar dit het uitgesit sodat sy deursnee 25,4 keer dié van die Son is. Dit is sowat 170 keer so helder.

  1. Gray, R. O.; Corbally, C. J.; Garrison, R. F.; McFadden, M. T.; Robinson, P. E. (2003). "Contributions to the Nearby Stars (NStars) Project: Spectroscopy of Stars Earlier than M0 within 40 Parsecs: The Northern Sample. I". The Astronomical Journal. 126 (4): 2048. arXiv:astro-ph/0308182. Bibcode:2003AJ....126.2048G. doi:10.1086/378365.
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named vanLeeuwen2007
  3. 3,0 3,1 3,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ducati
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aj135_3_892
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ramirez_prieto_2011
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa465_2_593

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search