Argentynse nasionale rugbyspan

Argentinië
Unie Argentynse Rugbyunie (UAR)
Bynaam(e) Los Pumas (“die Poemas”)
Embleem Poema
Stadion José Amalfitani-stadion, Buenos Aires
Kapasiteit 49 540
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Felipe Contepomi (sedert 2024)
Kaptein(s) Julián Montoya
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Agustín Creevy (108)[1]
Meeste toetspunte Nicolás Sánchez (902)[2]
Meeste drieë José Núñez Piossek (29)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Argentinië Argentinië 3–28 Britse Leeus Vlag van Verenigde Koninkryk
(Buenos Aires, Argentinië; 12 Junie 1910)
Grootste oorwinning
Vlag van Paraguay Paraguay 0–152 Argentinië Vlag van Argentinië
(Mendoza, Argentinië; 1 Mei 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 93–8 Argentinië Vlag van Argentinië
(Wellington, Nieu-Seeland; 21 Junie 1997)
Wêreldbeker
Verskynings 10/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Derde in 2007
Amptelike webwerf
www.lospumas.com.ar
Unie webwerf
www.uar.com.ar

Die Argentynse nasionale rugbyspan (Spaans: Selección nacional de rugby de Argentina) is die nasionale rugbyspan wat Argentinië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Die span wat in hemelblou en wit truie speel, dra die bynaam los Pumas (Spaans vir: “die Poemas”) en hulle word as die beste rugbyspan in die Amerikas beskou. Rugby word in Argentinië geadministreer deur die Argentynse Rugbyunie (UAR, van Spaans: Unión Argentina de Rugby).

Aan die einde van die 19de eeu het emigrante van die Britse Eilande die rugbysport na Argentinië saamgebring. Argentinië se eerste internasionale rugbywedstryd was in 1910 teen die Britse keurspan Britse Leeus. Sy belangrikste internasionale verskyning het Argentinië tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 gehou word. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het die span aan al tien toernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die derde plek tydens die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk.

Argentinië is onoorwonne ten opsigte van die meeste ander nasionale rugbyspanne van die Amerikaanse vasteland met uitsondering van Kanada, deur wie Argentinië drie keer verslaan is (die laaste keer was in 2005). Vervolgens het hulle ook die Suid-Amerikaanse en die Pan-Amerikaanse rugbykampioenskappe oorheers. Vir ’n lang tydperk was Argentinië die enigste vlak-een-span wat nie aan ’n jaarlikse toernooi deelgeneem het nie. Dit het in 2012 verander, toe die Drienasiesreeks met die opname van die Poemas die Rugbykampioenskap geword het. Sedertdien speel hulle jaarliks teen die All Blacks van Nieu-Seeland, die Springbokke van Suid-Afrika en die Wallabies van Australië om die titel as beste span van die Suidelike Halfrond. Vier voormalige Argentynse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die beheerliggaam Wêreldrugby beskou Argentinië as ’n vlak-een rugbyland. Die Argentynse rugbyspan is tans (Oktober 2023) sewende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 31 Oktober 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 31 Oktober 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 31 Oktober 2023.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 31 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search