Arkansasrivier

Arkansasrivier
Die Arkansasrivier naby Little Rock, Arkansas.
Die Arkansasrivier naby Little Rock, Arkansas.
Die Arkansasrivier naby Little Rock, Arkansas.

Die stroomgebied van die Arkansasrivier.

Oorsprong saamvloei van East Fork Arkansasrivier en Tennessee Creek in die Sawatch Range naby Leadville, Colorado (Verenigde State)
Monding Franklin Township, Desha County, naby Napoleon, Arkansas
Mississippirivier
Stroomgebied Colorado, Kansas, Oklahoma, Arkansas
(Verenigde State)
Lengte 2 364 km[1] (1 469 myl)
Oorspronghoogte 2 965 m (9 728 vt)
Mondinghoogte 33 m (108 vt)
Gemiddelde afloop 40 517 m³/s[2] (1 147 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 435 123 km² (168 002 myl²)
Kaart van die Arkansasrivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Arkansasrivier-bekken in Noord-Amerika.

Die Arkansasrivier (Engels: Arkansas River) is 'n groot oos-vloeiende rivier in Noord-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 'n 2 364 km, ontspring in die Sawatch Range in die Rotsgebergte in Colorado. Dit is een van die grootste sytakke van die Mississippirivier en die sesde grootste rivier in die Verenigde State.

Die Arkansasrivier loop deur die suid-westelike Amerikaanse deelstate Colorado, Kansas, Oklahoma en Arkansas asook deur die volgende stede: Little Rock, Pueblo, Wichita en Tulsa. Die grootste sytak van die Arkansasrivier is die Canadian rivier.

Die rivier het vanaf die Adams-Onís-Verdrag in 1821 tot die Anneksasie van die Republiek van Texas in 1845 of die Verdrag van Guadalupe Hidalgo in 1848 tussen sy boloop en die 100ste Breedtegraad die grens tussen Meksiko en die Verenigde State gevorm.

  1. (en) "McClellan-Kerr Arkansas River Navigation System (MKARNS)". History & Culture. The Encyclopedia of Arkansas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2019. Besoek op 13 Junie 2014.
  2. (en) "USGS Gage #07258000 on the Arkansas River near Dardanelle, AR (monthly flow data)". Water Resources of the United States. U.S. Geological Survey. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2016. Besoek op 13 Junie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search