Artur Schnabel

Artur Schnabel
Artur Schnabel, omtrent 1906
Agtergrondinligting
Gebore17 April 1882
Sterf15 Augustus 1951
GenresKlassiek
Beroep(e)Pianis
InstrumenteKlavier

Artur Schnabel (17 April 1882 – 15 Augustus 1951) was 'n Oostenrykse pianis wat klassieke musiek gespeel het, asook 'n komponis en onderwyser.

Schnabel was bekend om sy intellektuele erns as 'n musikant, en het derhalwe deurgaans pure tegniese bravade vermy. Hy is van die 20ste eeu se mees gerespekteerde en belangrike pianiste, en sy speelwerk het 'n merkbare lewendigheid, spiritualiteit en diepte getoon wat betref sy interpretasies van die klassieke Oostenryks-Duitse werke, veral die van Beethoven en Schubert.

Sy vertonings van hierdie komposisies is dikwels beskou as modelle van interpretatiewe penetrasie. Sy bekendste opnames is sy opnames van Beethoven se klaviersonatas; wat tussen 1932 en 1935 opgeneem was.

Dit was die heel eerste opname wat ooit gemaak was van die gehele siklus van 32 sonatas. Die musiekkritikus Harold C. Schonberg het Schnabel beskryf as "die man wat Beethoven uitgevind het".[1] In 2018 het die Biblioteek van die Kongres (VSA) die werk geselekteer om geplaas te word in die Nasionale Opname Register om sy geskiedkundige belang.[2]

  1. Schonberg, Harold C. The Great Pianists, 1987 (revised edition)
  2. [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search