Asparagales

Asparagales
Tydperk: Laat Kryt - tans 100–0 m. jaar gelede
Asparagus officinalis
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Link[1][2]
Tipegenus
Asparagus
Families
Sinonieme
  • Asparagales Bromhead[4]
  • Iridales Dumort.

Asparagales (in Engels ook asparagoid lilies genoem) is die botaniese naam van 'n redelik nuwe orde van eensaadlobbige plante. Die orde word nie in die Cronquist-stelsel (1981) erken nie, maar wel in die APG (Angiosperm Phylogeny Group)-stelsel (1998), APG II-stelsel (2003) en APG III-stelsel (2009).

Die orde se naam kom van die tipefamilie, Asparagaceae. Dit is in 1977 die eerste voorgestel deur Huber. Baie van die families in die orde is voorheen geklassifiseer onder die orde Liliales, 'n baie groot takson wat feitlik alle eensaadlobbiges ingesluit het met kleurryke blomdekblare en geen stysel in hulle kiemwit. Ontledings van DNS-volgorde het aangedui baie van die taksons in Liliales behoort herverdeel te word in drie ordes: Liliales, Asparagales en Dioscoreales. Die grense van die Asparagales en van sy families het die afgelope jare veranderings ondergaan; toekomstige navorsing kan tot nog veranderings en eindelik groter stabiliteit lei. Asparagales is die grootste orde van eensaadlobbige plante; dit bevat 14 families, 1 122 genusse en sowat 36 000 spesies.

  1. Stevens 2016, Asparagales
  2. Tropicos 2015
  3. LAPGIII 2009.
  4. Bromhead 1838, p. 132

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search