Atlas (mitologie)

Atlas
Farnese Atlas, ’n 2de-eeuse Romeinse kopie van ’n Griekse werk (Napels)
Farnese Atlas, ’n 2de-eeuse Romeinse kopie van ’n Griekse werk (Napels)
Naam Atlas
God van Sterrekunde en navigasie
Blyplek Westelike rand van Gaia (die aarde)
Simbool aardbol
Ouers Iapetos en Asia of Klumene
Kinders Hesperide, Hiade, Hias, Plejades, Kalipso, Dione, Maira
Romeinse eweknie Atlas

In die Griekse mitologie was Atlas (Grieks: Ἄτλας) een van die tweede geslag Titane (die eerste gode wat die heelal regeer het). Nadat Zeus die Titane verslaan het, is Atlas gedwing om die hemelruim vir altyd op sy skouers te dra. Hy moes die taak verrig vanaf die berge wat nou die Atlas-gebergte heet. In kunswerke word hy egter meestal uitgebeeld met die aarde op sy skouers en nie die hemelruim nie.[1]

Atlas was die seun van die Titaan Iapetos en die Okeanied Asia[2] of Klumene,[3] en die broer van Prometeus, Epimeteus en Menoitios.[4]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Pseudo-Apollodorus, Biblioteke i.2.3.
  3. Hesiodus (Teogonie 359 [as ’n dogter van Tetis], 507) gee die naam Klumene, maar Apollodorus (1.8) gee die naam Asia, so ook Lycophron (1411). Dit is moontlik dat die naam "Asia" later verkies is bo Hesiodus se "Klumene" om verwarring te voorkom met blykbaar nog ’n Okeanied met die naam Klumene (sy was die moeder van Faiton by Helios)
  4. Hesiodus, Teogonie 371

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search