Audrey Blignault

Audrey Blignault
Gebore
Audrey Bettie Blignault

6 Julie 1916
Sterf1 Oktober 2008
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer
Bekend virBoeke
EggenootAndries Blignault
Attie de Villiers

Audrey Blignault (1916–2008) was ’n Afrikaanse skrywer en joernalis wat veral bekend is vir haar sketse, essays en kortverhale. In die 1940’s was die aanbieder van die destydse Vrouerubriek-radioprogram en sy het die leeskring-kultuur in Suid-Afrika gevestig. In 1961 is sy (vir haar bundels In klein maat: uit die dagboek van ’n vrou en Die vrolike lied) met die Eugène Marais-prys bekroon, en in 1965 met die W.A. Hofmeyr-prys vir Met ligter tred. Sy het die ATKV se Prestigetoekenning in 2000 vir haar uitstaande bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek en literatuur ontvang.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search