Ayurveda

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Dhanvantari, 'n avatar van Vishnu, is die Hindoe-god wat met Ayurveda verbind word.

Ayurveda is 'n alternatiewe medisyne-stelsel met historiese wortels in die Indiese subkontinent.[1] Die teorie en praktyk van Ayurveda is pseudowetenskaplik.[2][3]

Johannes Quack, skrywer van die boek Disenchanting India: Organized Rationalism and Criticism of Religion in India, sê "Gewone lede het my vertel hoe hulle sommige van hierdie pseudowetenskappe beoefen, privaat of as gesertifiseerde dokters, meestal Ayurveda."[4]

Die redakteurs van die boek Pseudoscience: The Conspiracy Against Science se "Ayurveda, 'n tradisionele Indiese medisyne, is die onderwerp van meer as 'n dosyn tydskrifte met sommige van hierdie 'vakkundige' tydskrifte wat slegs aan Ayurveda gewy is, ander aan Ayurveda en ander pseudowetenskappe. Die meeste huidige Ayurvedanavorsing kan as 'tandemuiswetenskap' geklassifiseer word, navorsing wat iets wat nie deur wetenskap gewys is om te bestaan nie, as uitgangspunt aanvaar. Ayurveda is 'n lankbestaande stelsel van oortuigings en tradisies, maar die beweerde effekte daarvan is ook nie wetenskaplik bewys nie. Die meeste Ayurvedanavorsers kan net sowel die tandmuis bestudeer. Die Duitse uitgewers Wolters Kluwer het die Indiese vrye toeganguitgewer Medknow in 2011 gekoop en het sy hele vloot tydskrifte verkry, insluitend dié wat toegewy is aan onderwerpe oor pseudowetenskap soos An International Quarterly Journal of Research in Ayurveda."[2]

Die Indiese mediese vereniging, 'n nasionale vrywillige organisasie van dokters in Indië, beskryf die praktyk van medisyne deur Ayurvedapraktisyns as kwaksalwery. Die vereniging se webbald stel dit as volg: "Die doel van hierdie samevatting van hofbevele en verskillende reëls en regulasies is om dokters die kennis te gee oor spesifieke bepalings en bevele wat kwaksalvery deur ongekwalifiseerde mense, praktisyns van Indiese en geïntegreerde medisyne, uitoefen om moderne geneeskunde te beoefen."[5]

Ayurveda word veral in Indië en Nepal beoefen, waar ongeveer 80% van die bevolking daarvan gebruik maak.[6][7][8] Die Amerikaanse departement van gesondheid en menslike dienste verklaar dat "die meerderheid van Indië se bevolking Ayurveda uitsluitlik of gekombineer met konvensionele Westerse medisyne gebruik, en dat dit in verskillende vorme in Suidoos-Asië beoefen word".[9]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named oxford
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kaufman
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named oxpsych
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Quack-2011
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IMA
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Dargan
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named HiTimes
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Alam
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named USH

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search