Baanresonansie

Die resonansie tussen drie van Jupiter se grootste mane. Konjunksies word aangedui deur ’n kort verandering van kleur. Daar is twee Io-Europa-konjunksies (groen) en drie Io-Ganymede-konjunksies (grys) vir elke Europa-Ganimedes-konjunksie (magenta).

In sterrekunde vind baanresonansie of wentelresonansie plaas wanneer twee wentelende voorwerpe ’n gereelde, periodieke swaartekraginvloed op mekaar uitoefen en die verhouding tussen hul wentelperiodes deur twee klein heelgetalle uitgedruk kan word. Dit is dus die getal omwentelings wat twee liggame in dieselfde tyd doen en dit word in ’n verhouding uitgedruk, soos 2:3. Hierdeur kom twee liggame reëlmatig in dieselfde onderlinge posisies ten opsigte van mekaar (dit word konjunksies genoem) en ondervind hulle periodiek op dieselfde plek mekaar se swaartekrag.

Die fisiese beginsel agter ’n baanresonansie stem ooreen met iemand wat ’n kind op ’n swaai stoot en die swaai met gereelde tussenposes ’n stoot gee.

In die meeste gevalle het dit ’n "onstabiele" wisselwerking tot gevolg, waarin die liggame hul wentelbane verander totdat die resonansie nie meer bestaan nie. In sekere omstandighede is ’n resonante stelsel stabiel en aanpasbaar sodat die liggame in resonansie bly.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search