Bajezid I

Bajezid I
Sultan van die Ottomaanse Ryk

Volle naam Sultan Bajezid I Yıldırım
Ottomaanse naam بايزيد اول
Tydperk 1389–1402
Stadium Opgang van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Murat I
Opvolger Tussenregering
Toegra

Bajezid I (Ottomaanse Turks: بايزيد اول, moderne Turks: I.Bayezid, Serwies: Бајазит; 1360 – 8 Maart 1403), ook genoem die Weerligstraal, was van 1389 tot 1402 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van Murat I[1][2] en het hom opgevolg nadat hy in 1389 in die Slag van Kosowo dood is.

Met die Turkse oorwinning in dié slag het Serwië ’n afhanklike staat van die Ottomaanse Ryk geword. ’n Jaar later is Bajezid getroud met prinses Olivera Despina, die dogter van Lazar van Serwië, wat ook in die slag dood is.

  1. Lowry, Heath W., The Nature of the Early Ottoman State, 2003 SUNY Press, bl. 153
  2. Runciman, Steven, The Fall of Constantinople, Cambridge University Press, bl. 36

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search