Balder

Elke pyl het oor sy kop getrek (1902), deur Elmer Boyd Smith.

Balder of Baldr[1] is een van die gode bekend as Ase in die Noorse mitologie. Hy is die seun van Odin en sy vrou, Frigg, en het verskeie broers soos Thor en Váli. Hy is 'n wese van lig, onskuld en volmaaktheid.

In die Poëtiese Edda, wat in die 13de eeu saamgestel is uit vroeëre tradisionele bronne, en die Prosaïese Edda, wat in die 13de eeu geskryf is, word die dood van Balder beskryf as beide 'n groot tragedie vir die Ase en een van die oorsake van Ragnarök.

  1. "Balder" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 3 Junie 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search