Bariloche

San Carlos de Bariloche

Bariloche
Alpynse landskap en argitektuur in Bariloche
Alpynse landskap en argitektuur in Bariloche
San Carlos de Bariloche is in Argentinië
San Carlos de Bariloche
San Carlos de Bariloche
Koördinate: 41°09′0″S 71°18′0″W / 41.15000°S 71.30000°W / -41.15000; -71.30000
LandVlag van Argentinië Argentinië
ProvinsieRío Negro
Stigting3 Mei 1902
Regering
 • BurgemeesterOmar Goye
Hoogte
893 m (2 930 ft)
Bevolking
 • Totaal108 250
TydsoneUTC-3 (ART)
Poskode
8400
Skakelkodes0294
Webwerfbariloche.gov.ar

Bariloche (amptelik: San Carlos de Bariloche) is 'n gewilde vakansieoord met 108 000 inwoners in die provinsie Río Negro (Argentinië), in die hart van die Nasionale Nahuel Huapi-park en aan die oewer van die Nahuel Huapi-meer.

Die stad het 'n sterk Sentraal-Europese voorkoms, aangesien die voorvaders van baie inwoners van Duitsland, Switserland en Noord-Italië afkomstig is. Sowel die stedelike argitektuur met sy Switserse chalets asook die ekonomie, wat sterk op die toerisme, sjokolade- en keramieknywerheid steun, getuig van hierdie invloed. Die sjokoladebedryf is nog steeds in die hande van 'n aantal Italiaanse families; hul ondernemings in die binnestad van Bariloche staan oop vir besoekers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search