Bartolomeus Dias

Bartolomeus Dias
Standbeeld van Dias by Suid-Afrika se Hoëkommissaris in Londen.
Gebore
Bartolomeu Dias

ca. 1450
Sterf24 Mei 1500
NasionaliteitPortugal
BeroepNavigator, ontdekkingsreisiger
Bekend virEerste Europeër wat om die suidpunt van Afrika seil.

Bartolomeus Dias (ca. 145024 Mei 1500) was 'n Portugese ontdekkingsreisiger en seevaarder wat in 1488 om die suidpunt van Afrika geseil het.

In 1487 vra koning Johan II van Portugal vir Dias om na die land van die Christelike koning genaamd Prester John in die ooste te soek. Omdat Prester John nie regtig bestaan het nie, het hy nie die land gevind nie, maar wel 'n roete vanaf die Atlantiese Oseaan na die Indiese Oseaan ontdek wat na Asië lei.

Dias se twee skepe, die São Cristóvão en die São Pantaleão.

In Desember 1487 word hy die eerste Europeër wat in Suidelike Afrika voet aan wal sit toe hy by Kaap Kruis in Namibië aan land gaan. In Januarie 1488 word hy die eerste Europeër wat om Kaap die Goeie Hoop seil. In Februarie dieselfde jaar word hy die eerste Europeër om in Suid-Afrika voet aan wal te sit toe hy by Mosselbaai aan land gaan. Hy het 'n kalksteenkruis ('n padrão) by Kwaaihoek opgerig.

Dias is in 1500 ter see in 'n storm oorlede as die kaptein van 'n skip wat na Brasilië onderweg was.

Daar is later vir hom 'n standbeeld in Kaapstad, Suid-Afrika opgerig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search