Bende van Vier

Bende van Vier
Gooi beslis die Wang-Zhang-Jiang-Yao-antipartykliek uit!
'Gooi beslis die Wang-Zhang-Jiang-Yao-antipartykliek uit!'
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   四人幫
Vereenvoudigde Chinees   四人帮
Pinyin Sìrén bāng

Die Bende van Vier was ’n politieke faksie wat uit vier amptenare van die Kommunistiese Party van China bestaan het. Hulle het bekend geraak tydens die Kulturele Rewolusie van 1966-'76 en is later van ’n reeks aanklagte in verband met verraad aangekla. Die bende se leier was Mao Zedong se laaste vrou, Jiang Qing. Die ander lede was Zhang Chunqiao, Yao Wenyuan en Wang Hongwen.[1]

Die Bende van Vier het die magsorgane van die Kommunistiese Party in die latere stadiums van die Kulturele Rewolusie beheer. Dit was egter onduidelik watter groot besluite van Mao deur die vier uitgevoer is en watter deur die bende self geneem is.

Die bende en die onteerde generaal Lin Biao, wat in 1971 dood is, is gebrandmerk as die twee grootste "teenrewolusiemagte" van die Kulturele Rewolusie en die Chinese regering het hulle amptelik die skuld gegee vir die grootste deel van die sosiale chaos wat in dié 10 jaar van onrus ontstaan het. Hul val op 6 Oktober 1976, net ’n maand ná Mao se dood, het gelei tot groot vierings in Beijing se strate en het die einde ingelui van ’n onstuimige politieke era in China.

  1. "Yao Wenyuan". The Economist (in Engels). ISSN 0013-0613. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2018. Besoek op 22 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search