Berg Arafat

Pelgrims op Berg Arafat.
’n Man bid op die heuwel.

Berg Arafat (Arabies: جبل عرفات Jabal ‘Arafāt) is ’n granietheuwel op die Vlakte van Arafat, sowat 20 km suidoos van Mekka in Saoedi-Arabië.[1] Dit is sowat 70 m hoog en is ook bekend as die Heuwel van Genade (Jabal ar-Rahmah). Volgens die Islamitiese tradisie is dit die plek waar die profeet Mohammed gestaan en sy laaste toespraak gelewer het aan die mense wat hom aan die einde van sy lewe op die hadj vergesel het.

  1. "خرائط Google". خرائط Google.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search