Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit

Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit
Kaart van Suid-Afrika wat Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit in Wes-Kaap aandui
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Munisipale kode WC013
 
Hoofstad Piketberg
Grootste tale Afrikaans, Xhosa, Engels
Area 4 407 km²  
Bevolking 61 897 (2011)

Die Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit is 'n munisipaliteit wat in 2000 tot stand gebring is deur die samesmelting van onder meer die munisipaliteite Porterville, Piketberg en Velddrif en is geleë in die Wes-Kaap, waar dit begrens word deur die munisipaliteite Swartland, Saldanhabaai, Cederberg, Drakenstein en Witzenberg. Die munisipaliteit se naam is ontleen aan die rivier wat deur die munisipale gebied vloei en uitmond by Laaiplek. Die gebied is uitgestrek, met Piketberg die hoofdorp, wat 67 km van Velddrif, waar die grootste bevolkingskonsentrasie is, geleë is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search