Beringstraat

Beringstraat

’n Nasa-Satellietfoto van die Beringstraat met die Diomedes-eilande in die middel

Seekaart van die Beringstraat
Koördinate:66°N 169°W / 66°N 169°W / 66; -169Koördinate: 66°N 169°W / 66°N 169°W / 66; -169
Ligging:Siberië (Rusland), Alaska (Verenigde State)
Soort:Seestraat tussen die Arktiese en Stille Oseaan
Breedte:83 km (52 myl)
Eiland/e:Diomedes-eilande

Die Beringstraat (Engels: Bering Strait, Russies: Берингов пролив, Beringof prolif) is 'n smal strook water tussen Asië en Noord-Amerika.[1] Dit vorm 'n seestraat tussen Kaap Dezjnowa, die mees oostelike punt van Asië (Siberië), en Kaap Prins van Wallis, die mees westelike punt van die Amerikas (Alaska), omtrent 82 km wyd, met 'n diepte van 30–50 m. Die seestraat verbind die Tsjoektsjensee (deel van die Arktiese Oseaan) in die noorde met die Beringsee (deel van die Stille Oseaan) in die suide. Dit is vernoem na Vitus Bering, 'n Russiese ontdekkingsreisiger van Deense afkoms wat in 1728 deur die straat gevaar het.

Die Klein Diomedes-eiland (VSA, links) en die Groot Diomedes-eiland (Rusland, regs)

Die Diomede-eilande lê direk in die middel van die Beringseestraat.

Voorstelle is al gemaak vir die bou van 'n brug oor die Beringstraat tussen Alaska en Siberië, deur sommige die "interkontinentale vredesbrug" genoem, en alternatiewelik, vir 'n tonnel onderdeur die seestraat.

Gedurende die ystydperke was die seestraatgebied 'n landbrug wat as die Beringlandbrug bekendstaan. Tydens die mees onlangse ystydperk, ongeveer 12 000 jaar gelede, was die seevlak in die Beringstraat dermate laag dat mense en diere van Asië na Noord-Amerika kon trek. Tans word aangeneem dat die eerste mense in dié tyd Noord-Amerika bereik het.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search