Berlynse Lugbrug

Geallieerde lugweë tydens die Berlynse Blokkade

Die Berlynse Lugbrug was 'n grootskeepse militêre operasie waardeur die geallieerde lugmagte – die Amerikaanse Lugmag, die Britse Royal Air Force, en in 'n mindere mate ook die lugmagte van Statebondlande soos Nieu-Seeland, Australië, Kanada en die destydse Unie van Suid-Afrika, die drie westelike sektore van Berlyn gedurende die Russiese blokkade tussen 23 Junie 1948 en 12 Mei 1949 per lug van voorraad voorsien het. Die blokkade was die eerste groot internasionale krisis in die Koue Oorlogstydperk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search