Bermudadriehoek

Kaart van die Bermudadriehoek

Die Bermudadriehoek (ook bekend as die Duiwel se Driehoek) is 'n denkbeeldige driehoek tussen Miami, die Bermuda-eilande en Puerto Rico. Die gebied strek oor 4 miljoen vierkante kilometer in die westelike deel van die Atlantiese Oseaan. Dit het vanaf die middel van die 20ste eeu bekend geword vir die skynbaar misterieuse verdwyning van verskeie vaar- en vliegtuie.[1]

Outeurs van populêre lektuur skryf hierdie verdwynings aan paranormale verskynsels of moontlike aktiwiteite van buiteaardse besoekers toe.[2] Van die beweerde gebeure sluit in vliegtuie wat verdwyn sonder om per radio om hulp te roep, skepe wat spoorloos verdwyn of selfs later sonder hulle bemanning gevind word, en kompasse wat rigting verloor.

Gedokumenteerde bewyse dui daarop dat 'n beduidende persentasie van die voorvalle onwaar, onakkuraat of deur latere skrywers ingekleur is. Talle amptelike liggame het aangedui dat die aantal en aard van die verdwynings in die streek soortgelyk aan dié in enige ander gebied ter see is.[3][4][5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named HAT : taal- en feitegids 2013
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cochran,2003
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NavalHistory1
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NavalHistory2
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NavalHistory3

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search