Biotoop

Die Amasone-reënwoud-biotoop

'n Biotoop is 'n area met eenvormige omgewingstoestande wat 'n leefplek bied vir 'n spesifieke versameling plante en diere. Biotoop is amper sinoniem met die woord habitat, wat meer algemeen gebruik word in Engelssprekende lande. In party lande word daar egter 'n onderskeid getref: die onderwerp van 'n habitat is 'n bevolking, terwyl die onderwerp van 'n biotoop 'n biosenose of lewensgemeenskap is.[1]

Die woord biotoop is afgelei van die Duitse woord Biotop, wat op sy beurt van die Griekse woord bios, "lewe" en topos, "plek" kom. Die woord biotoop, as dit letterlik vertaal word, beteken 'n "area waar lewe lewe".

  1. Toshiyuki Hoshino.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search