Blaarmosse

Blaarmos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Filum:
Bryophyta
Klas

Blaarmosse (filum of divisie Bryophyta, vroeër: klas Musci) is die talrykste filum van die subregnum Bryobiotina van die mosplante. Hoewel blaarmosse in bykans enige soort omgewing op aarde aangetref word, is die meeste soorte lief vir vogtige, skaduryke plekke. Hierdie plantjies se vermoë om reënwater vir lang tye op te berg, maak dat hulle 'n belangrike element in die plantesamelewing is. Omdat die vroulike geslagselle van blaarmosse en varings dieselfde lyk, word hulle dikwels saam die Archegoniata genoem. Daar is op die oomblik sowat 14 000 spesies bekend, versprei oor al die vastelande. Die blaarmosse is op 'n hoër vlak van ontwikkeling as die lewermosse (filum Marchantiophyta, vroeër klas Hepaticae), wat ook tot die subregnum Bryobiotina (mosplante) behoort.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search