Bledisloebeker

Bledisloebeker
2023-Rugbykampioenskapreeks
Beskrywing.
Trofee waarom meegeding word

Sportsoort Rugby
Gestig 1932
Eienaar ARU en NZR
Inwydingseisoen 1932
Deelnemende lande Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Aantal spanne 2
Mees onlangse kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (2023)
Verwante kompetisies Die Rugbykampioenskap

Die Bledisloebeker (Engels: Bledisloe Cup) is ’n internasionale rugbykompetisie wat elke jaar tussen die nasionale rugbyspanne van Australië en Nieu-Seeland as deel van die Rugbykampioenskap beslis word. Dit is genoem ná Lord Bledisloe, ’n voormalige goewerneur-generaal van Nieu-Seeland, wat die trofee in 1931 geskenk het. Die trofee is in Nieu-Seeland deur Nelson Isaac ontwerp en gemaak deur Walker en Hall in Sheffield, Engeland. Dit is fisies die grootste trofee in wêreldrugby.

Oorspronklik nou en dan elke paar jaar gespeel, gebeur wedstryde nou jaarliks en sluit wedstryde van die Rugbykampioenskap (voorheen Drienasies) tussen die twee mededingers in. Hul rugbywêreldbekerwedstryde tel nie as Bledisloewedstryde nie, wat altyd in Australië of Nieu-Seeland beslis word. Maar in 2008 is ’n Bledisloewedstryd vir die eerste keer buite die twee lande gehou toe die spanne in Hongkong gespeel het en in 2009 is ’n Bledisloewedstryd in Tokio beslis.[1] Ter voorbereiding op die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan is in 2018 ’n Bledisloe-wedstryd in die stad Jokohama beslis.[2]

Nieu-Seeland oorheers die beker omdat hulle dit 21 keer in ’n ry (2003–2023) gewen het. Hulle is ook die huidige kampioen, nadat hulle die beslissende wedstryde tydens die 2023-Rugbykampioenskapreeks gewen het.

  1. (en) John Matheson (22 Februarie 2009). "Fourth Bledisloe Test switched from Denver to Tokyo". Rugby Heaven. Besoek op 28 Februarie 2009. [dooie skakel]
  2. (en) "Rugby: NZ beats Australia 37-20 to sweep Bledisloe Cup series". Mainichi. 28 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Augustus 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search