Bloukransrivierbrug

Die Bloukransrivierbrug oor die Bloukransrivier.
Rekspringers op die dek onder die brug.
'n Brawe rekspringer waag sy lewe.

Die Bloukransrivierbrug is 'n boogbrug langs die Tuinroete met 'n lengte van 451 meter en 'n horisontale span van 272 m. Die brug troon 216 m oor die bedding van die Bloukransrivier uit. Dit is 'n enkelboog-betonbrug wat tussen Februarie 1980 en Junie 1983 gebou is. Bloukransrivierbrug is die langste betonboogbrug in Afrika.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search