Boerneef

Izak van der Merwe
Boerneef
Gebore
Izak Wilhelmus van der Merwe

11 Mei 1897
Sterf2 Julie 1967 (op 70)
NasionaliteitSuid-Afrikaans
BeroepSkrywer en digter
TitelProf.
EggenootMaria Hugo Roux (1924–1940)
Anna de Kock (1941–1943)
Francina Gobregts (1956)
KindersCarl Petrus van der Merwe

Izak Wilhelmus van der Merwe (1897–1967), eerder bekend onder sy skrywersnaam Boerneef, was ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus. Hy word beskou as 'n fyn prosaïs en die beste onder die Afrikaanse skrywers wat "klein-realisme" of "fantasie-realisme" gelewer het.[1] Hierdie skrywers het hulself buite die groter lewensproblematiek gestel, en hul blik gevestig op volkstipes, eenvoudige mense, kleindorpse lewe en die noue lewenskringe daarvan.

Die Hertzogprys vir digkuns word in 1968 postuum aan hom toegeken. Talle van sy gedigte is getoonset, onder meer Voshaarnooi en Die berggans het ’n veer laat val. Hy het ook 'n toonaangewende Afrikaans-Engels woordeboek saam met medewerkers gelewer.[2]

  1. Antonissen, Rob (1955). Die Afrikaanse Letterkunde van die Aanvang tot die Hede. Pretoria / Kaapstad: H.A.U.M. pp. 237–239.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search