Boesman

Boesmans

San-dorpie in Namibië
Totale bevolking: 90 000+
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Botswana Botswana 55 000

Vlag van Namibië Namibië 27 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 10 000
Vlag van Angola Angola <5 000
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 1 200

Taal: Khoisan-tale
Geloofsoortuiging: San-religie
Verwante etniese groepe: Khoikhoi, Xhosa, Basters, Griekwas.
Sanvrou in Botswana
Sanman
Ou Boesmanstekeninge (Murewa, Zimbabwe)

Die Boesmans of die San is 'n volk wat woonagtig is in Suider-Afrika. Hulle was oorspronklik jagter-versamelaars, deel van die Khoisan-groep en verwant aan die Khoikhoi wat, in teenstelling met die San, nomadiese veeboere was. Die Boesmans word beskou as die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika en woon reeds 40 000 jaar lank in die suidweste van die land. Uit die gebied wat vandag as Botswana bekend staan, het die Khoikhoi waarskynlik 2 000 jaar gelede na die Kaapprovinsie getrek, waar hulle die San aangetref het. Europeërs het hulle Hottentotte genoem, 'n verwysing na hul taal wat volgens die blankes só hortend gepraat is dat dit geklink het soos "hot" en "tot".[1] Hierdie twee groepe het saamgesmelt en staan vandag bekend as die Khoisan.

  1. "Die benaming Hottentot". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2010. Besoek op 23 Desember 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search