Boesmanrotskuns

Boesmanrotskuns in die Wes-Kaap.

Boesmanrotskuns (ook Boesmantekeninge of Boesmanskilderye) is 'n tipe rotskuns. Dit is tekeninge wat die Boesmans op rotse in Suid-Afrika, Namibië en Botswana aangebring het. Die kunswerke is gewoonlik uitbeeldings van diere of jagtonele. Die tekeninge is vol beweging en word op plekke waar rituele plaasgevind het gevind. Die figure is gestileerd en verteenwoordig lewende vorms.

Die Boesmanrotskuns in die Drakensberg Nasionale Park in Suid-Afrika is ongeveer 3 000 jaar oud. Die rotskuns is deur Boesmans wat ongeveer 8 000 jaar gelede in die gebied gevestig het geskilder. Dit beeld meestal diere en mense uit.[1]

Die rotskuns in die Apollo 11-grot in Namibië dateer terug tot 23 000–25 000 v.C.[2]

  1. Jaroff, Leon (2 Junie 1997). "Etched in Stone". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2013. Besoek op 7 Oktober 2008.
  2. "Apollo 11 (ca. 25,500–23,500 B.C.) and Wonderwerk (ca. 8000 B.C.) Cave Stones". Heilbrunn Timeline of Art History (in Japannees). New York: The Metropolitan Museum of Art. Oktober 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 11 Mei 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search