Boestrofedon

’n Voorstelling in Engels van die boestrofedonstyl in antieke Griekse manuskripte (reëls 2 en 4 is van regs na links).

Boestrofedon, van die Griekse βουστροφηδόν, "soos ’n os draai" (wanneer geploeg word), is ’n soort teks wat in twee rigtings geskryf word. Dit word veral gesien in antieke manuskripte en inskripsies.[1] In plaas van skryf van links na regs soos in Afrikaans of van regs na links soos in Arabies en Hebreeus, is elke alternatiewe reël in die teenoorgestelde rigting, met letters wat omgekeer word asof hulle ’n spieëlbeeld is. Dit was ’n algemene manier van klipskryfwerk in Antieke Griekeland.[2]

  1. Sampson, Geoffrey (1985). Writing Systems: A Linguistic Introduction. Stanford University Press. p. 103. ISBN 0-8047-1756-7.
  2. Threatte, Leslie (1980). The grammar of Attic inscriptions. W. de Gruyter. pp. 54–55. ISBN 3-11-007344-7.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search