Boheemse Woud

Kašperské Hory (Duits: Bergreichenstein), 'n nedersetting in die Boheemse Woud, met die Sint Margrietkerk aan die regterkant van die beeld

Die Boheemse Woud, (Tsjeggies: Šumava [ˈʃʊmava], Duits: Böhmerwald), is 'n lae bergreeks in Sentraal-Europa wat oor 'n afstand van 120 km 'n natuurlike grens tussen Tsjeggië aan die een en Duitsland en Oostenryk aan die ander kant vorm. Dit is die hoogste geërodeerde bergmassa van die Boheemse Massief met 'n maksimale wydte van 50 km. Die hoogste bergpiek met 1456 m bo seevlak is die Großer Arber in die Duitse deelstaat Beiere.

Die Boheemse Woud is dwarsdeur die jaar 'n gewilde toeristebestemming en ontspanningsgebied. Die grootste deel van die bergreeks, waarna dikwels as die "Groen Dak van Europa" verwys word, maak aan die Tsjeggiese kant van die grens deel uit van die Śumava-natuurpark, terwyl die Duitse gedeelte beskerm word as Nasionale Park Beierse Woud. Unesco het die hele gebied as biosfeerreservaat geklassifiseer.[1]

  1. czech-tourist.de: Der Böhmerwald - Šumava. Besoek op 2 Julie 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search