Boogskutter (sterreteken)

Boogskutter (Sagittarius)
Die astrologiese simbool van die Boogskutter

Die Boogskutter (Lat: Sagittarius) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 22 November en 21 Desember gebore is. Dit is die negende teken van die Diereriem.

Die Boogskutter is een van die drie vuurtekens en vier beweeglike tekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Rot van die Sjinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Boogskutter is Jupiter.

Boogskutters kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander vuurtekens, Ram en Leeu, asook met Waterdraers en Weegskale.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search