Bordjigin

Bordjigin
Боржигин
Gebiede Mongolië, Rusland, Sentraal-Asië, Iran en China
Land Mongolië
Titels Khagan, khan
Stigter Bodonchar Moenkhag
Laaste heerser Ligden Khan
Gestig c. 900

Bordjigin, ook bekend as die Altan oerag (Mongools: Алтан ураг, "Goue familie"), was die keiserlike familie van Djengis Khan en sy opvolgers. Uit die geledere van die senior Bordjigins het prinse van Mongolië en Binne-Mongolië gekom tot met die 20ste eeu.[1] Die familie het die heersersklas gevorm onder die Mongole en ander volke in Sentraal-Asië en Oos-Europa. Vandag kom die Bordjigins in die grootste deel van Mongolië, Binne-Mongolië en Xinjiang voor.[1]

  1. 1,0 1,1 Caroline Humphrey, David Sneath The end of Nomadism?, bl. 27

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search