Botanybaai

Botanybaai

Lugfoto van Sydney met Botanybaai in die voorgrond

Ligging van die Botanybaai
Koördinate:33°59′53″S 151°13′59″O / 33.99806°S 151.23306°O / -33.99806; 151.23306
Ligging:Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:39,6 km² (15 myl²)
Gemiddelde diepte:11,4 m (37 vt)
Volume:440 815,8 m³ (15 567 263 vt³)
Lengte:10 km (6 myl)
Opvangsgebied:54 9 km² (21 myl²)
Invloei:Cooks-rivier, Georges-rivier
Uitvloei:Tasmansee
Nedersettings:Sydney

Botanybaai is 'n baai in Sydney, Nieu-Suid-Wallis in die suidooste van Australië 'n paar kilometer suid van Sydney se sentrale sakekern.[1] Die Cooks-rivier en die Georges-rivier is twee groot vertakkinge wat die baai binnevloei. Twee aanloopbane van Sydney-lughawe is in die baai gebou.

Botanybaai was die plek waar James Cook die baai met sy skip die HMS Endeavour vir die eerste keer op die kontinent van Australië aan wal gegaan het, na hy Nieu-Seeland verken het. Die Britte het later beplan om Botanybaai as 'n strafkolonie te gebruik. Hierdie planne het gelei tot die eerste Europese nedersetting in Australië by Sydney Cove.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search