Breiwerk

Breisteke op 'n breinaald
Tafelmodel breimasjien

Breiwerk bestaan uit 'n aantal lussies wat met katoen- of woldraad gevorm word en op so 'n manier aan mekaar verbind is dat hulle steke vorm. Uit die netwerk van steke ontstaan 'n stewige materiaal wat veral geskik is vir kledingstukke. Anders as by weef, is daar by breiwerk gewoonlik net een draad nodig, en waar dit as handwerk beoefen word, word daar meestal van 2 tot 4 breipenne gebruik gemaak. Die breikuns is al eeue oud en dit het met die verloop van jare geïndustrialiseerd geraak, en vandag speel veral masjienbreiwerk 'n baie belangrike rol in die tekstielnywerheid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search