Britse en Ierse Leeus

Britse en Ierse Leeus
Bynaam(e) Leeus
Unie Vlag van Engeland Engelse Rugbyvoetbalunie
Vlag van Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie
Vlag van Skotland Skotse Rugbyunie
Vlag van Wallis Walliese Rugbyunie
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Warren Gatland (2021-toer)
Kaptein(s) Vlag van Wallis Alun Wyn Jones (2021-toer)
Spankleure



Statistiek
Meeste toetse Vlag van Ierland Willie John McBride (17)[1]
Meeste toetspunte Vlag van Skotland Andy Irvine (281)[2]
Meeste drieë Vlag van Ierland Tony O’Reilly (37)[2]
Eerste wedstryd
Otago 3–8 Leeus (as Groot-Brittanje) Vlag van Verenigde Koninkryk
(28 April 1888)
Grootste oorwinning
Wes-Australië 10–116 Leeus
(8 Junie 2001)
Grootste toetsoorwinning
Vlag van Argentinië Argentinië 0–46 Leeus
(7 Augustus 1927)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 38–6 Leeus
(16 Julie 1983)

Die Britse en Ierse Leeus[a] (voorheen bekend as die Britse Eilande en tot in 2001 die Britse Leeus genoem; kort “Leeus”) is ’n rugbyspan saamgestel uit spelers wat vir die nasionale rugbyspanne van Engeland, Ierland, Skotland en Wallis mag speel. Al om die vier jaar onderneem die Leeus ’n weeklange toer afwisselend na Australië, Nieu-Seeland of Suid-Afrika, die drie groot rugbylande in die Suidelike Halfrond. Op ’n toer word gewoonlik ’n aantal toetswedstryde teen die onderskeidelike nasionale span en wedstryde teen plaaslike keurspanne gespeel.

Gemeensame spanne van die destydse Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland het sedert 1888 toere in die Suidelike Halfrond onderneem. Die eerste toer was ’n suiwer kommersiële onderneming sonder amptelike goedkeuring deur die beheerliggame. Die ses daaropvolgende toere (voor die Suid-Afrikaanse 1910-toer) het meer en meer goedkeuring deur die nasionale beheerliggame verkry, hoewel net een span spelers uit alle vier lande ingesluit het. Sedert 1910 word die spelers deur ’n komitee met verteenwoordigers uit alle Tuisnasies saamgestel. In 1950 het die span vir die eerste keer uitsluitlik uit internasionaal ervare spelers bestaan.

Gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu het die Leeus meestal nie daarin geslaag om ’n toetsreeks te beklink nie. In 1955 het ’n goue tydperk begin, nadat hulle in die toetsreeks teen Suid-Afrika met 2–2 gelykop gespeel het. Hul hoogtepunt het die Leeus gedurende die 1970’s bereik, toe hulle toetsreekse teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika beklink het. Ná die professionalisering van rugby in 1995 het die Leeus bly bestaan, maar die toere is as gevolg van die spelers se minder beskikbaarheid duidelik verkort.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 22 Mei 2022.
  2. 2,0 2,1 (en) "Player Stats". Britse en Ierse Leeus. Besoek op 22 Mei 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search