Britse oorsese gebiede

Ligging van die Britse oorsese gebiede

Die Britse oorsese gebiede (Engels: British Overseas Territories) is 14 gebiede, wat geen deel van die kerngebied van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland uitmaak nie, maar wel deur die Verenigde Koninkryk beheer word. Die gebiede lê oorwegend buite Europa.

Die Britse oorsese gebiede was tot die British Overseas Territories Act 2002 Britse afhanklike gebiede genoem, wat met die British Nationality Act 1981 van 1981 ingevoer is. Tot 1981 het die gebiede as Britse kolonies of Britse kroonkolonies bekend gestaan.

Die eilande Guernsey, Jersey en Man word deur die Britse kroon beheer en het 'n ander status as die Verenigde Koninkryk self, en staan bekend as Britse Kroongebiede.

In die historiese konteks bestaan daar verskille tussen kolonies en protektorate wat onder Britse beheer, maar amptelik onafhanklike lande was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search