Bronxrivier

Die Bronxrivier in Shoelace Park, in The Bronx.

Die Bronxrivier (/brɒŋks/), ongeveer 39 km lank,[1] vloei deur suidoos New York-deelstaat in die Verenigde State en dreineer 'n gebied van 99 km2 (38,4 vk. myl). [1] Dit is vernoem na die koloniale setlaar Jonas Bronck. Naas die Hutchinsonrivier is die Bronxrivier die enigste varswaterrivier in New York Stad.[2]

Dit het oorspronklik ontstaan in wat nou die Kensico Reservoir is, in Westchester County noord van New York Stad. Met die bou van die Kensicodam in 1885 is die rivier egter van sy natuurlike bolope afgesny en vandag dien 'n klein sytakstroompie as sy bron. Die Bronxrivier vloei suid verby White Plains, dan suid-suidwes deur die noordelike voorstede in New York, en gaan deur Edgemont, Tuckahoe, Eastchester en Bronxville . Dit vorm die grens tussen die groot stede Yonkers en Mount Vernon, en vloei in die noordelike punt van The Bronx, waar dit Oos-Bronx van Wes-Bronx verdeel, suidwaarts deur Bronx Park, New York Botaniese Tuin en die Bronx-dieretuin en gaan voort deur woonbuurte van die Suid-Bronx. Dit mond uit in die East River, 'n getystraat wat met Long Island Sound verbind is, tussen die Soundview- en Hunts Point-woonbuurte.

  1. 1,0 1,1 Shaw, Richard K.; Reinhardt, Lindsay; Isleib, Jacob. "Soil Survey of Bronx River Watershed Bronx, New York" (PDF). www.nycswcd.net/. USDA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Maart 2012. Besoek op 13 Oktober 2014.
  2. Berger, Joseph (19 Julie 2010). "Reclaimed Jewel Whose Attraction Can Be Perilous". The New York Times. Besoek op 21 Julie 2010..

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search