Bryan Habana

Bryan Habana Rugbyportaal
Habana in ligte luim tydens 'n toer
Volle naam Bryan Gary Habana
Bynaam Mister Kardinaal, Habernero,[1] Dash[2]
Geboortedatum 12 Junie 1983 (1983-06-12)
Geboorteplek Benoni, Suid-Afrika
Lengte 1,80 m
Massa 94 kg
Skool King Edward VII Skool
Universiteit Randse Afrikaanse Universiteit
Beroep Professionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Huidige status
Posisie Linkervleuel
Huidige span Toulon
Loopbaan as speler
Posisie(s) Vleuel, senter
Springbokno. 766
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2013–2018 Toulon 66 (115)
korrek soos op 30 September 2017.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2003–2004
2005–2009
2010–2013
Goue Leeus
Blou Bulle
Westelike Provinsie
21
14
8
(85)
(45)
(10)
korrek soos op 30 September 2018.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2005–2009
2010–2013
Bulls
Stormers
61
57
(185)
(95)
korrek soos op 30 September 2018.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2004
2004–16 (toets)
2007 (toer)
2014
Vlag van Suid-Afrika SA o/21
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Springbok XV
3
124
2
2
(15)
(335)
(0)
(5)
korrek soos op 30 September 2018.
Nasionale Sewesspan
Jare Land Toernooie
2004, 2016 Blitsbokke 4 (15)

Bryan Gary Habana OIS (gebore 12 Junie 1983[1] in Benoni) is 'n Springbokrugbyspeler wat tot in 2013 vleuel vir die Westelike Provinsie en Stormers gespeel het. Hy het vroeër ook vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Super 14 gespeel asook buitesenter en skrumskakel in provinsiale rugby. Hy is reeds voor hy Superrugby begin speel het as Springbok gekies en het die eerste keer toe hy aan die bal geraak het 'n drie gedruk in 'n toets teen Engeland op Twickenham-stadion in 2004.

Habana se spoed is legendaries. Destydse toetse het bevestig dat hy die vinnigste vleuel in Suid-Afrikaanse rugby was, soos talle kere ook in wedstryde bewys is. Habana het ook aansienlike boliggaamsterkte vir 'n vleuel, en kan 160 kg opstoot op 'n bankdruk. Verder was hy 'n effektiewe verdediger waar hy spelers in die oopveld agterna gesit het.

Habana het internasionale erkenning gekry vir sy kampioenskapswendrie in die 2007 Super 14-eindstryd.[3] Hy hou die rekord vir die meeste drieë gedruk deur 'n Springbok: 67. Op 24 April 2018 het Habana sy uittrede uit rugby met die einde van die Franse Top 14-klub Toulon se seisoen in 2018 aangekondig.[4]

  1. 1,0 1,1 "bryanhabana.com: About" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2007. Besoek op 6 Desember 2006.
  2. "Bryan Habana: SA Rugby Profile". SA Rugby (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2008. Besoek op 18 April 2007.
  3. Guinness, Rupert: "Bulls say better team lost." Geargiveer 7 Augustus 2007 op Wayback Machine Sydney Morning Herald/Rugby Heaven (Maandag, 21 Mei 2007).
  4. (en) "'One of the greatest': Springboks record tryscorer Bryan Habana retires from rugby". 25 April 2018. Besoek op 23 Mei 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search