Bushmills

Bushmills


Muileann na Buise (Iers-Gaelies)
Dorp
Bushmills se dorpsentrum
Bushmills se dorpsentrum
Bushmills is in Noord-Ierland
Bushmills
Bushmills
Koördinate: 55°12′13″N 6°31′24″W / 55.20361°N 6.52333°W / 55.20361; -6.52333
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Noord-Ierland
CountyAntrim
DistrikCauseway Coast and Glens
Bevolking
 • Totaal1 295
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
BT57
Skakelkodes028

Bushmills is 'n nedersetting aan die noordkus van die Noord-Ierse graafskap Antrim met 'n oorwegend Protestantse bevolking van 1 295 volgens die sensus van 2011.[1] Dit is sowat 60 myl (97 km) van Belfast en 9 myl (14 km) van Coleraine af geleë. Die dorp het sy naam te danke aan die Bushrivier en 'n groot watermeul wat hier in die vroeë 17de eeu opgerig is.[2]

Bushmills word veral verbind met die whiskey-distilleerdery Old Bushmills Distillery, een van die oudstes op die eiland Ierland, en die nabygeleë basaltrotsformasie Giant's Causeway wat deur Unesco as wêrelderfenisterrein gelys is.

  1. Northern Ireland Neighbourhood Infornation Service | Seirbhís Eolais Chomharsanachta Thuaisceart Éireann: Usual Resident Population 2011. Besoek op 13 Desember 2017
  2. Placenames Database of Ireland: Muileann na Buaise / Bushmills. Besoek op 13 Desember 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search