Ligging in Australië | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Gebied | ![]() |
Koördinate | 35°18′S 149°07′O / 35.300°S 149.117°O |
Gestig op | 12 Maart 1913 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 805,6 vk km |
Hoogte bo seevlak | 632 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2024) | 473 855[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 445,5/vk km |
Stadskarakter | Beplande tuinstad |
Tydsone (Somertyd) | UTC +10 (AOST) |
- Somertyd | UTC +11 (AODT) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 13 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 20,4 / 5,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 633 mm |
Hoofminister | Andrew Barr (ALP) |
Amptelike webwerf | www.act.gov.au |
Canberra (Engels: [ˈkænbərə], ; Ngunawal: Kanbarra) is die hoofstad van die Gemenebes Australië (Commonwealth of Australia) met 'n oppervlakte van 805,6 vk km en 'n geskatte bevolking van 473 855 op 30 Junie 2024.[1]
Canberra lê in die noorde van die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory, ACT), sowat 280 km suidwes van Sydney en 650 km noordoos van Melbourne. Die Australiese hoofstad se ligging is in 1908 as 'n soort geografiese kompromis tussen die twee grootste stede van die land, Sydney en Melbourne, gekies.
As 'n beplande tuinstad in die outback of Australiese binneland verskil Canberra duidelik van ander groot Australiese stede. Canberra het sy kenmerkende stadskarakter aan 'n internasionale kompetisie te danke wat in 1911 deur die Australiese regering gehou is. Van die 136 ontwerpe, wat deur argitekte ingedien is, is uiteindelik die Amerikaanse argitekte Walter Burley Griffin en Marion Burley Griffin (van Chicago) se indrukwekkende kombinasie van sirkels en driehoeke gekies, wat die landskap van die omgewing tegelykertyd by die ontwerp betrek, maar ook omskep het.
Die ontwerp was grootliks deur die tuinstadbeweging beïnvloed en sluit uitgestrekte gebiede met plaaslike flora in sodat Canberra vinnig die bynaam bush capital gekry het. Boubedrywighede het in 1913 'n aanvang geneem en is later deur die twee wêreldoorloë en die Groot Depressie vertraag. Nogtans is die Federale Parlement in 1927 met 'n plegtige seremonie hier geopen. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Canberra tot 'n florerende administratiewe sentrum gegroei.
Canberra huisves die Australiese parlementsgebou, die Hooggeregshof van Australië en talle regeringsdepartemente en -agentskappe, maar ook 'n groot aantal sosiale, opvoedkundige en kulturele instellings soos die Nasionale Galery, die Nasionale Universiteit en die Nasionale Museum van Australië. Die federale regering lewer die grootste bydrae tot die Australiese Hoofstadgebied se bruto geografiese produk en is ook die belangrikste werkverskaffer.
Canberra was een van die Australiese gasheerstede tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015, asook die Rugbywêreldbeker 2003.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search