Challenger-ramp

Die ruimtependeltuig Challenger se einde. Die linkeraanjaer skiet bokant die ontploffing uit.

Die ramp van die ruimtependeltuig Challenger het op 28 Januarie 1986 plaasgevind. Die NASA-ruimtependeltuig het op sy tiende sending 73 sekondes na lansering vanaf Kaap Canaveral ontplof. Al sewe bemanningslede het gesterf. Hulle was Dick Scobee, Michael J. Smith, Ronald McNair, Ellison Onizuka, Christa McAuliffe, Gregory Jarvis en Judith Resnik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search