Chandrasekhar-limiet

Die Chandrasekhar-limiet (tʃʌndrəˈʃeɪkɑr) is die massagrens wat bepaal of ’n instortende ster ’n witdwerg word, of ’n meer eksotiese voorwerp soos ’n neutronster of swartkolk. Dit is genoem na Subrahmanyan Chandrasekhar, die Indiaans-Amerikaanse astrofisikus wat die limiet in 1930, op die ouderdom van 19, onafhanklik ontdek het. Dié limiet is aanvanklik deur die wetenskapgemeenskap geïgnoreer omdat so ’n limiet logies vereis dat swartkolke bestaan, en dit is destyds as ’n wetenskaplike onmoontlikheid beskou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search