Chileense nasionale rugbyspan

Chili
Unie Nasionale Rugbysportfederasie (FDNR)
Bynaam(e) Los Condores (“die kondors”)
Embleem die Andeskondor
Stadion Estadio Municipal de La Pintana, Santiago de Chile
Kapasiteit 6 000
Afrigter(s) Vlag van Uruguay Pablo Lemoine (sedert 2018)
Kaptein(s) Martín Sigren
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse José Larenas (50)[1]
Meeste toetspunte Javier Valderrama (239)[2]
Meeste drieë José Larenas (11)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Chili Chili 0–29 Argentinië Vlag van Argentinië
(Valparaíso, Chili; 20 September 1936)
Grootste oorwinning
Vlag van Paraguay Paraguay 0–102 Chili Vlag van Chili
(Montevideo, Uruguay; 3 Mei 2003)
Grootste nederlaag
Vlag van Chili Chili 6–89 Argentinië Vlag van Argentinië
(Montevideo, Uruguay; 20 Mei 2009)
Wêreldbeker
Verskynings 1/10 (Eerste in 2023)
Beste uitslag Groepfase in 2023
Unie webwerf
chile.rugby

Die Chileense nasionale rugbyspan (Spaans: Selección de rugby de Chile) is die nasionale rugbyspan wat Chili in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Los Cóndores (Spaans vir: “die kondors”), na die andeskondor (Vultur gryphus), die nasionale voël van die Suid-Amerikaanse land. Rugby word in Chili geadministreer deur die Nasionale Rugbysportfederasie (Federación Deportiva Nacional de Rugby, FDNR) wat in 1953 gestig is. Chili word as die vyfde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada en Uruguay) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Chileense rugbyspan is tans (Desember 2023) 23ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Twee voormalige Chileense rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Chili het in 1936 sy eerste internasionale wedstryd teen Argentinië gespeel. In 2022 het Chili vir die eerste keer vir die rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee die derde Suid-Amerikaanse land geword wat daarin geslaag het. Chili het in 2015 vir die eerste keer die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap gewen. Sedert 2016 neem Chili ook aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap deel, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Kanada, Uruguay en die Verenigde State.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 9 Desember 2023.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 9 Desember 2023.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 9 Desember 2023.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 9 Desember 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search