Chiron

Die opvoeding van Achilles deur Chiron, 'n muurskildery van die Herkulaneum, 1ste eeu n.C., Nasionale Argeologiemusueum, Napels.

Chiron of Cheiron (Grieks: Χείρων) is ’n karakter in die Griekse mitologie. Hy was die sentour met die grootste aansien. Nes die saters was die sentoure in die algemeen bekend vir hul gedrink, sekskapades en geweld, veral as hulle dronk was. Chiron was egter intelligent, opgevoed en goedhartig.[1] Hy was bekend vir sy kennis en vaardigheid met medisyne. Hy is verwek deur Chronos toe hy in ’n perd verander en die nimf Filira swanger gemaak het.

Chiron was ’n belangrike heler en onderwyser. Van sy leerlinge sluit in Achilles, Asklepios, Jason en Peleus. Hoewel hy soms met vier perdepote uitgebeeld is, nes 'n gewone sentour en soos op die foto regs, is hy meestal voorgestel met twee menslike bene, wat sy herkoms as die seun van Chronos en sy status aandui.[2] Dit maak dit ook maklik om hom uit te ken. Hy word ook dikwels met klere uitgebeeld, wat wys hy is beskaafd en nie soos 'n gewone sentour nie.

  1. Homeros, Ilias xi.831.
  2. Hornblower & Spawforth (2004). The Oxford Companion to Classical Civilization. Oxford: Oxford University Press.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search