Christiaan IV van Denemarke

Christiaan IV
Koning van Denemarke en Noorweë
Portret deur Pieter Isaacsz.
Portret deur Pieter Isaacsz.
Tydperk 4 April 158828 Februarie 1648
Voorganger Frederik II
Opvolger Frederik III
Huis Oldenburg
Vrou Anna Katharina van Brandenburg
Kirsten Munk
Vader Frederik II
Moeder Sofie van Mecklenburg-Schwerin
Gebore (1577-04-12)12 April 1577
Oorlede 28 Februarie 1648 (op 70)

Christiaan IV (Deens: Christian den Fjerde; 12 April 1577 - 28 Februarie 1648) was van 1588 tot 1648 koning van Denemarke en Noorweë en Hertog van Sleeswyk en Holstein. Sy bewind van 59 jaar is die langste van enige Deense of Skandinawiese koning.

Christiaan het sy persoonlike bewind in Denemarke in 1596 in die ouderdom van 19 begin as lid van die Huis van Oldenburg. Hy word dikwels onthou as een van die gewildste en mees ambisieuse Deense konings. Hy het baie hervormings en projekte deurgevoer en ’n vlak van vooruitgang en rykdom gehandhaaf wat feitlik ongeëwenaar was in Europa.[1] Hy het talle oorloë onderneem, waarvan die belangrikste die Dertigjarige Oorlog (1618–'48) was – dit het ’n groot deel van Duitsland verwoes, die Deense ekonomie ondermyn en Denemarke sommige van sy verowerde gebiede gekos.[2]

Christiaan het die Noorse hoofstad, Oslo, hernoem tot "Christiania" na homself; die naam is tot in 1925 gebruik.

  1. Paul D. Lockhart, Denmark, 1513-1660: the rise and decline of a Renaissance monarchy (2007).
  2. Paul D. Lockhart, Denmark in the Thirty Years’ War, 1618-1648: King Christian IV and the Decline of the Oldenburg State (1996)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search