Chronostratigrafie

Chronostratigrafie is binne die stratigrafie die wetenskaplike vakgebied wat probeer om rotslae ten opsigte van mekaar te dateer. Die doel daarvan is om die volgorde en ouderdom van alle gesteentes uit ’n bepaalde gebied vas te stel. In teenstelling met geochronologie, waarby ’n absolute geologiese tydskaal opgestel word, het chronostratigrafie te doen met die indeling van fisiese gesteentes. Chronostratigrafiese eenhede bestaan dus naas die ooreenstemmende geochronologiese tydvakke.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search