Cockermouth

Cockermouth
Markdorp
Terrashuise in Bank Court
Terrashuise in Bank Court
Cockermouth is in Engeland
Cockermouth
Cockermouth
Koördinate: 54°40′00″N 3°22′00″W / 54.66667°N 3.36667°W / 54.66667; -3.36667
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandEngeland
GraafskapCumbria
Bevolking
 • Totaal7 877
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
CA13
Skakelkodes01900
Webwerfcockermouth.org.uk
Allerheiligekerk (All Saints Church)
Wordsworth House (straatfasade)
Stormwolke pak saam oor Cockermouth
River Cocker met voetgangerpad (links)
Loweswater-meer naby Cockermouth

Cockermouth [ˈkɒkɚməθ] is 'n historiese markdorp en civil parish in die Noord-Engelse graafskap Cumbria wat bekendheid verwerf het as die geboorteplek van die digter William Wordsworth. Sy Georgiaanse geboortehuis met tuin, Wordsworth House & Gardens, in Main Street is in besit van die National Trust. William Wordsworth het hier saam met sy ouers, sy suster Dorothy, drie broers en bediendes gewoon. Interieur en meubilering gee 'n indruk van die lewe in die 1770's. Ses jaar voor Wordsworth is ook Fletcher Christian, een van die Bounty-muiters, in 1764 op 'n plaas buite Cockermouth gebore.

Die dorp is geleë in die Meredistrik (Lake District) wat as een van die mooiste streke in Engeland beskou word. Die Council for British Archaeology het reeds in 1965 die beskerming van Cockermouth as deel van die nasionale kultuurerfenis aanbeveel.

Cockermouth se ligging by die samevloeiing van twee riviere, Cocker en Derwent, beteken dat die dorp steeds weer met oorstromings te kampe het. Sy geografiese ligging naby die Solway Coast (sewe myl) en die grens met Skotland (dertig myl) maak van Cockermouth die ideale wegspringplek vir toere in Noordwes-Engeland en Suidwes-Skotland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search