Colmar

Colmar

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Administratiewe gewes Grand Est
 Département Haut-Rhin
 Koördinate 48°05′N 7°21′O / 48.083°N 7.350°O / 48.083; 7.350
 Stigting 823
 Oppervlakte:  
 - Totaal 66,57 vk km
 Hoogte bo seevlak 175-214 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 67 214
 - Bevolkingsdigtheid 1 010/vk km
 - Metropolitaanse gebied 126 300
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Gilbert Meyer (UMP)
 Amptelike webwerf colmar.fr

Colmar is die derde grootste stad van die Franse région (gewes) Grand EstStraatsburg en Mulhouse met 67 214 inwoners (2009). Colmar lê in 'n vlakte teen die Lauchrivier, sowat 20 kilometer wes van die Ryn en halfpad tussen Straatsburg (65 kilometer) en die Switserse stad Basel (60 kilometer). Die stad is die prefektuur (hoofstad) van die département Haut-Rhin en setel van die Appélhof van Elsas. Die prefektuur van Colmar administreer ook die arrondissement Colmar, wat uit ses kantons bestaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search