Comrades-maraton

Comrades-huis in Pietermaritzburg, die administratiewe sentrum van die maraton. Die argitek vir die gebou se herontwerp was Wynand Claassen, eertydse Springbok rugbykaptein, wat ook hierdie ultramaraton 10 keer voltooi het.
Borsbeeld van Vic Clapham by Comradeshuis, Pietermaritzburg.

Die Comrades-maraton is die wêreld se oudste en grootste ultramaraton wat elke jaar oor 'n afstand van ongeveer 90 km gehardloop word. Die wedloop vind plaas tussen Pietermaritzburg en die kusstad Durban. Die rigting van die wedloop word elke jaar gewissel tussen die op-wedren vanaf Durban en die af-wedren vanaf Pietermaritzburg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search