Cornelia Swart

Cornelia Swart, née De Klerk.

Cornelia Wilhelmina Swart (plaas Kanneboskroon, distrik Winburg, Oranje-Vrystaat, 22 Desember 1903Bloemfontein, 24 Maart 1986) was Suid-Afrika se eerste staatspresidentsvrou.

Cornelia Swart was ’n dogter van D. de Klerk. Sy het haar skoolopleiding aan die Oranje Meisieskool, Bloemfontein en Rosenhof op Stellenbosch ontvang. Sy is op 2 Desember 1924 met C.R. Swart getroud. Een seun en een dogter is uit hul huwelik gebore. Haar liefhebbery was boerdery.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search