Curriebeker

Hierdie artikel handel oor die Rugbykompetisie in Suid-Afrika. Vir die voorheen gelyknamige Krieketkompetisie in Suid-Afrika, sien Sunfoilreeks.
Curriebeker
2024 Curriebeker Premierafdeling
Beskrywing.
Die Curriebeker se kenteken

Sportsoort Rugby
Gestig 1891
Eienaar Suid-Afrikaanse Rugbyunie
Inwydingseisoen 1892
Deelnemende lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Divisies Premierafdeling
Eerste afdeling
Aantal spanne Premierafdeling: 9
Eerste afdeling: 8
Mees onlangse kampioen Vrystaat Cheetahs (2023)
Verwante kompetisies Rugby-uitdaagreeks
Borg(e) Carling

Die Curriebekertoernooi (tot 2015 ook bekend as die ABSA Curriebeker weens borgskapvereistes) is Suid-Afrika se oudste en belangrikste plaaslike rugbykompetisie wat agt provinsies of streke binne ’n provinsie verteenwoordig. Hoewel dit die belangrikste plaaslike kompetisie is, ding Suid-Afrikaanse spanne ook jaarliks in die Verenigde Rugbykampioenskap mee.[1]

Die Curriebeker dateer so ver terug as 1889 en is een van die oudste rugbykompetisies ter wêreld. Die toernooi word as die hoeksteen van Suid-Afrika se rugby-erfenis beskou. Tussen 1892 en 1966 is daar op ongereelde grondslag om die beker meegeding, maar sedert 1968 word 'n wenner jaarliks bepaal. Dié goue trofee is steeds die hoogste prys in plaaslike Suid-Afrikaanse rugby.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search